LiG vir Lisa-projek

LiG, in samewerking met Bybel-Media het onlangs die opwindende nuwe projek, LiG vir Lisa geloods. Deur die projek maak ons ‘n groot impak op kinders en ouers se lewe. Ons spreek lewenskwessies soos verlies, angstigheid, boelie-gedrag en eensaamheid aan. Dít doen ons in die vorm van stories.

Ek nooi jou as LiG-leser uit om ons in hierdie projek te ondersteun. 

“Onsekerheid en vrees is vir baie kinders ’n werklikheid. Veral in die vreemde tyd waarin die wêreld tans, te midde van die Covid-19-pandemie, is” verduidelik dr Issie Jacobs, maatskaplike werker en spelterapeut. Voeg daarby geliefdes wat aan die dood afgestaan word, en ook die verlies aan standvastigheid met skole wat anders funksioneer, nuwe reëls en so meer. 

Ons LiG vir Lisa-projek bring lig in die donker warboel van kinders se emosies met ‘n reeks boeke wat deur stories help om kinders te troos en bemagtig. Jy kan ons help om dié hulpmiddels verder te ontwikkel deur ‘n maandelikse (of eenmalige) bydrae te maak.

Wat behels die LiG vir Lisa-projek?

Die ontwikkeling en verspreiding van hulpmiddels aan kinders en volwassenes. “Die vermoë om emosies te verstaan, te eien, te reguleer en dan te prosesseer is baie noodsaaklike vaardighede in elke kind se emosionele gereedskapsmandjie,” sê dr Beatrix Janse van Rensburg, ’n kliniese maatskaplike werker in privaat praktyk. Juis daarom wil Bybel-Media en LiG belangrike rolspelers, soos ouers en onderwysers, ’n stukkie “gereedskap”  in die hand gee om kinders hiermee te help.

Ons het reeds begin om van die boeke by skole te versprei. Jou bydrae sal dit vir ons moontlik maak om nog baie hiervan te doen. Die Ligland-reeks help kinders om te blom, met balans te leef en in hulle geloof te groei. Om dit reg te kry, fokus ons op spesifieke uitdagings wat kinders ervaar, soos hierbo genoem.

Ondersteun deur EFT/stoporder

Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA
Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: ABSA BANK WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: LiG, epos en naam

Ondersteun deur debietorder

KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na [email protected]

 

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en deel hierdie projek met vriende, familie of iemand wat daarby sal baatvind.

Besoek gerus www.ligland.co.za om meer oor Ligland en die boeke te lees. 

 

Vriendelike groete,

Francine

Skenk R100 per maand

Subscribe

Skenk R200 per maand

Subscribe

Ondersteun deur EFT/stoporder

Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA
Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: ABSA BANK WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: LiG + epos en naam

Ondersteun deur debietorder

KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na [email protected]