Beste Bybel-Media-vriend
Kinders se behoefte aan geestelike ondersteuning
Ons was so verras deur die reaksie op ons projek vroeër vanjaar toe ons gratis geestelike boeke aan mense in aftreeoorde voorsien het. Dit is hoekom ons nou ’n soortgelyke projek aanpak wat op vroeëkindontwikkeling gerig is.
Opleiding, opvoeding en opbou – dít is ons uitdagings in Suid-Afrika. Ons stoei nie net met ongeletterdheid en die swak leesvermoë van kinders nie, maar ook met ’n gebrek aan geestelike blootstelling. Bybel-Media wil by hierdie uitdagings betrokke raak deur die lees-met-begrip-vermoë van kinders te bevorder én hul geestelike ontwikkeling te ondersteun. Dit is hoekom ons al jare lank geestelike materiaal vir kinders, en kursusse vir jeugleiers en fasiliteerders in gemeenskappe met geestelike nood ontwikkel.
Ons KinderKerskous-projek – ’n geskenk van hoop aan ons kinders
Bybel-Media wil kinders en jongmense hierdie feestyd met geestelike boeke bederf sodat hulle hul geloof kan versterk. Die KinderKerskousprojek bestaan uit:
• Geskenkkouse gevul met Kinderbybel-stories, Bybelse aktiwiteitsboeke en ander opvoedkundige boeke wat by onder meer kinderhuise en skole uitgedeel sal word.
• Die ontwikkeling van nóg Bybelse kinderprodukte omdat ons glo dat
hierdie geloofsvormende boeke ’n verskil in ’n kind se lewe kan maak.
Hiervoor het ons jou hulp nodig.
Hoe om ’n bydrae tot die KinderKerskous-projek te maak
Elke bydrae, maak nie saak hoe groot of hoe klein dit is nie, word direk tot voordeel van die projek aangewend. Dit sal help om ’n boodskap van omgee en hoop in moeilike tye aan kinders oor te dra.
Ondersteun deur EFT/stoporder
Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA
Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: ABSA BANK WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: epos en naam
Ondersteun deur debietorder
KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na [email protected]
Hou gerus ons webwerf en sosiale media dop vir vordering met ons KinderKerskous-projek.
Mag die Kind van Kersfees jou en jou gesin seën.
Vriendelike groete
Hannelie Matthee
Hoof: Finansies en Donateurskakel
Tel: +27 21 864 8238
E-posadres: [email protected]
Kies ’n eie bedrag per maand
Kies jou eie eenmalige donasie
Ondersteun deur EFT/stoporder
Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA
Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: ABSA BANK WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: epos en naam
Ondersteun deur debietorder
KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na [email protected]
